Die woord van God groei vanself

... en dat hoor ik nu pas! (lees de reactie van Ferdinand Bijzet)

… en dat hoor ik nu pas! (lees de reactie van Ferdinand Bijzet)

Wie had gedacht dat een preek uit 1991 zo actueel kon zijn?

Bij m’n eerste afscheid als zendeling van Pretoria heb ik m’n hart uitgestort en mijzelf en de zendende kerk opnieuw verbonden aan de opdracht van de Heer. Dat was nodig, vond ik toen.
De opdracht voor de kerk van 2015 is niet veranderd. De uitvoering en de werkwijze evenmin.
In m’n vorige post overkerkenraden en voorgangers grijp ik als vanzelf terug op toen. Laat ik dus de hele preek nog eens delen.

de bijbel ligt open bij Marcus 4 vers 26-29

kaart-57-tOnlangs het ek gepraat met iemand wat gehoor het ek gaan terug Holland toe. Dié persoon vra my toe: “En was jou werk in Suid-Afrika suksesvol gewees?”

U sal verstaan dat dit nie ’n Gereformeerde persoon was nie. Ons praat liewer in terme van seën as van sukses. Maar tog: dieselfde vraag hou ons almal besig.

Is dit wat jy doen sinvol? Sien jy vrugte op jou werk? Inderdaad: Was die amper nege jaar sendingwerk in Mamelodi “suksesvol” gewees?

Nou ja, hoe meet ’n mens dit af? Kyk jy na getalle: hoeveel mense het die dienste bygewoon of hulle aangesluit? Kyk jy na ander sake soos selfstandigheid?

Die beste maatstaf om sukses of seën af te meet, is natuurlik die Woord van God. Hoe praat die Bybel oor groei en vooruitgang? Wat beoog die Here met sy werk in hierdie wêreld? Dit sal ons moet vasstel – dan kan ons van daar uit ook sinvol terugkyk.

Kom ons doen dit vanoggend aan die hand van Markus 4, die gelykenis van die saad wat vanself groei.

Autosave-File vom d-lab2/3 der AgfaPhoto GmbH

Daarby maak ek twee opmerkings vooraf.

  1. Allereers: Dit gaan nie oor “De Boer” nie. Dit gaan oor die groot Boer Jesus Christus en sy werk. Daaraan sal ons dan ook ons eie werk moet afmeet.
  2. Tweedens: As ek sê “ons eie werk afmeet” praat ek nie spesifiek oor Mamelodi en die sendingwerk daar nie. Ook Pretoria kom in die prentjie. Hoe werk die Woord van God? Hoe groei die kerk van Christus in hierdie wêreld?

Dis waaroor dit in die preek gaan. Die hoofgedagte is:

Die woord van God groei vanself!

  1. saaityd
  2. wagtyd
  3. oestyd

1. SAAITYD – vers 26

Hierdie gelykenis is baie kere misbruik. Dan is daar gesê: “Ag ja, ons kan maar net saad in die grond gooi en verder niks. Die groei moet van die Here af kom… ” Dit is dan as ’n verskoning gebruik om onaktief te wees en ’n goeie beplanning in die evangelisasie te verwaarloos.
Dan kan dit gebeur dat sendelinge jare lank werk sonder om vrugte op hulle werk te sien. Die mense oorsee kry hulle jammer as daar geen bekeerlinge kom nie. Hulle sê: “Ja, sendingwerk is regtig ploe op rotse... ” Maar is dit waar?

Ek sê nie dat dit nie waar is nie. Maar daar gaan iets aan vooraf!

Ons gelykenis begin in vers 26 met die saaityd. Iemand saai die saad op die land.

  • Dit word voorafgegaan deur ander werksaamhede: die grond word bewerk om dit geskik te maak vir die saad. Dit vra om ’n deeglike beplanning: watter saad moet gekies word, watter tyd is die meeste geskik om te saai?
  • Dan word die saad vakkundig op die land gegooi. Eers as dit gebeur het, dàn gaan die boer op God sit en wag…

Dit is wat ek bedoel as ek praat oor misbruik van hierdie gelykenis. Dat daar gesê word: “Ons weet nie wie deur God uitverkies is nie. Ons moet maar net op goeie geluk die Evangelie verkondig. Ons kan maar net saai… ”

Autosave-File vom d-lab2/3 der AgfaPhoto GmbH

Dit lei sommer tot ’n fatalistiese houding. Dit maak nie eintlik saak wat ons doen en hoe ons dit doen nie. God sal tog wel diegene roep wat Hy uitgekies het…

Natuurlik is dit waar. Maar Hy roep hulle deur die verkondiging van die Evangelie. En daar lê dus ons verantwoordelikheid: om dié blye boodskap so goed moontlik uit te dra.

God gee die groei op die land. Maar dit gee nie aan ’n boer die reg om te laat slaplê nie; om – soos die spreekwoord lui – “Gods water oor Gods akker te laat loop” nie. Want die Here gee die groei as ons die goeie saad saai. As ’n boer klippies saai, sal daar definitief niks opkom nie.

God gee die groei aan sy Woord. Dáárom moet ons juis die Evangelie so goed moontlik verkondig. En as daar deur ons saai prediking en swak beplanning geen vrug op die werk kom nie, mag ons dit nie op Hom “afskuif” nie. Dan mag ons dit nie sommer ongeloof en verharding noem nie.

Die Here Jesus self het so gewerk.

Jesus het geweet van God se verkiesing: “Baie is geroep, maar min is uitverkies. ” (Mat 22: 14). Maar dit het Hy eers gesê na die hartlike nodiging na die fees: “Alles is gereed – kom na die bruilof!… Gaan op die kruispaaie en nooi hulle almal, want my huis moet vol word!” (22: 4, 9).

Paulus het dieselfde gedoen.

Dis Paulus wat geskryf het dat sowel hy wat plant as hy wat natmaak, niks is nie, maar God wat laat groei. (1 Kor 3: 7). Maar dis dieselfde Paulus van wie getuig word dat hy jare lank elkeen aanhoudend onderrig het, dag en nag. (Hand 20: 31). Die wete dat alles van God afkom, was nie ’n verskoning vir hom om te laat slaplê nie. Dit het hom ook nie moedeloos gemaak nie. Paulus het des te meer geplant en natgelei.

Dit vra die Here ook van ons, in hierdie saaityd. Ons kan maar net saai, ja – maar dit moet ons dan ook doen!

Autosave-File vom d-lab2/3 der AgfaPhoto GmbH

Dit is die belangrikste opdrag vir die sending in Soshanguve en Mamelodi. Saaiwerk. Die suiwere Woord moet verkondig word.

Dit is ’n moeilike opdrag wat om voortdurende besinning vra.

  • Die suiwere Woord is nie ons verwerking daarvan nie. Ons verstaan van die Skrif en ons geloofsbelewing is sterk kultureel bepaal. Ons is en bly blankes, Westerlinge, Hollanders.
  • Dié agtergrond hoef nie oorgedra te word nie. Swart Christene in Afrika verwerk en beleef die Evangelie dalk anders.
  • ’n Sendeling moet daarvan bewus wees en net die Evangelie oordra. Die goeie saad.

Hierdie opdrag vra ook om ’n goeie beplanning. Hoe moet die Woord verkondig word in hierdie spesifieke konteks? Wat is ’n goeie aanpak? Hoe kan ons soveel moontlik mense met die Evangelie bereik?

  • ’n Sendeling moet inventief wees en altyd nuwe planne ontwikkel. Die goeie saad moet vakkundig gesaai word.

Dit beteken nie ons gaan nou vertrou op ons vakkundigheid, op ons strategieë en metodes nie. Die Woord van God groei vanself. Ons moet werk en bid. Geen valse lydelikheid nie. Geen aktivisme nie. Werk hard en bid dan om die seën.

Dieselfde toepassing kan ek ook maak met die oog op die kerk van Pretoria.

Die Vrye Gereformeerde kerk het klein begin en is na veertig jaar steeds klein. Wat sal ons daarvan sê? Hoekom het so baie mense ons gemeente verlaat? Hoekom is daar so min van buite wat aansluit?

As ons oor dié dinge praat, kan ons dieselfde fout maak as in die sending. Dan sê ons: “Jong, daar is so min geloof. Die mense sien nie die kerk van die Here nie. Ons staan alleen met die Evangelie in Suid-Afrika. ”

Maar is dit waar? Weereens: ek sê nie dat dit nie waar is nie, maar daar gaan iets aan vooraf. Ons sal allereers na onsself moet kyk en vrae vra. Is en word die Woord suiwer verkondig?

Ons sal as gemeente voortdurend moet besin op dié vraag. Saai ons die goeie saad? Of werp ons hindernisse op vir die Evangelie?

  • Is ons kerk gasvry en werwend? Is ons preke en ons eredienste verstaanbaar vir vreemdes of gebruik ons ’n spesifieke kerktaal? Ontvang ons gaste hartlik of jaag ons hulle van ons vaste sitplekke af? Hoeveel persent van ons begroting word bestee aan evangelisasiewerk, en hoe vergelyk dit met wat ons aan onsself bestee?
  • Is ons – om meer spesifiek te word – gasvry teenoor die mense van Suid-Afrika? Ek praat nou nie oor anderskleuriges nie. Ek verwys na Afrikaners.
  • Ons kerk is baie sterk gekleur deur sy spesifieke Hollandse agtergrond. Daar word partykeer in Nederlands gepreek, ons sing die Psalms op Hollandse wysies, daar is ’n klomp Hollandse gebruike in die erediens en die gemeentelewe. En hoe word daar oor “die Afrikaner” gepraat?

Ek hoop U verstaan die punt wat ek wil maak. Ons kan ook self deur sulke dinge in die pad van die Evangelie staan. Dan is dit al te maklik om ander te veroordeel, om te praat oor onwil en verharding. Natuurlik speel sulke dinge ’n rol. Maar die eerste is dat jy jouself afvra: het ek dalk klippies gesaai en is dit hoekom daar geen vrugte gesien word nie?

Ook hier in Pretoria sal ons voortdurend moet besin en beplan: hoe kan ons die goeie saad saai? As ons dit doen, dan kom ook die tweede. Dan wag ons op die Here.

2. WAGTYD  – verse 27 en 28

Die eerste is dus: werk hard. Die tweede: wag op die Here se seën. Daaroor lees ons in verse 27 en 28:

… en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot — hoe, weet hy self nie. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar.

Autosave-File vom d-lab2/3 der AgfaPhoto GmbH

Twee aantekeninge by dié gedeelte.

  1. “Wag” is nie dieselfde as niks doen nie. Die boer staan op en gaan slaap, met ander woorde: sy daaglikse werk gaan voort. Maar met betrekking tot hierdie saad kan hy niks meer doen nie. Hy kan maar net wag.
  2. “Vanself” gaan nie vanself nie. Daarmee bedoel ek dit: dit is Gód wat alles laat gebeur. Ook op die land groei niks vanself nie.Maar GOD besoek dit met sy seën,

en deur Hom droog gemaak,
besoek Hy dit met milde reën
wat tot die wortel raak.

Vanuit die mèns gesien lyk dit vanself. Ons kan niks daaraan doen nie. Dit kom sommer op – hoe, weet g’n mens nie. Ons het daarvan met Psalm 107 gesing: ons is heeltemal van God afhanklik.

      As Hy die seën wil sprei,
    wie kan dit Hom verhinder?

Dié beeld gebruik die Here Jesus in Markus 4 om die groei van sy koninkryk te verduidelik. Die gebeure in die natuur pas Hy op die geestelike lewe toe.

Daarmee leer Hy ons ’n belangrike les. Kom ek vat dit in drie kernbegrippe saam: afhanklikheid, verwondering en geduld.

P1010788

AFHANKLIKHEID!

Dit is vir ’n boer nie altyd maklik om te gaan sit en wag nie. Watter sekuriteit het hy dat dit goed sal gaan? Enige mens wil graag dinge in sy eie hand hou. En tog: jy kan niks doen nie. Jy het jou beste probeer, maar nou moet jy dit aan die Here oorgee. Jy kan maar net bid om die seën van Bo.

Dit geld ewegoed in die geestelike dinge. Ons wil aktief wees, dinge aan die gang sit, opbouende werk doen. Seker is dit ook maar ons Hollandse en “vrygemaakte” agtergrond wat hier ’n rol speel: ons moet skouer aan die wiel sit!

Maar leer dan maar van die Afrikaner dat daar ’n “stiltetyd” moet wees. Leer om dinge in die Here se hand oor te gee. Word stil voor Hom. Wag vir Hom, vol vertroue.

So leer ons dit by Paulus.

Hoe dikwels begin sy briewe op dié noot: “Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. ” (1 Tess 1: 2). Daar is hard gewerk, dag en nag – maar nou dra Paulus sy mense op aan God en aan die woord van sy genade (Hand 20: 32). En op sy beurt vra hy die gemeentes: “Bid vir my, dat wanneer ek preek, God my die woorde gee… ” (Ef 6: 19).

Want Paulus kan plant, Apollos kan natlei, maar dit is GOD wat laat groei. (1 Kor 3: 6). Afhanklikheid.

  • Dus moet ’n sendeling in sy besige program tog tyd inruim vir voorbidding.
  • Dus moet ’n sendingkommissie en ’n sendende kerkraad adviese gee en ’n beleid voer, maar ook en veral saam dank en bid.
  • En hierdie kerk wat die sendingwerkers uitstuur moet allereers ’n biddende kerk wees.

IMG_3600

Die tweede kernwoord wat die wagtyd kenmerk is VERWONDERING.

Vers 27 sê dat die saad ontkiem en groei – “hóé weet hy [die boer] self nie. ”

Dit is reeds vir ’n kind ’n wonderlike ontdekking. Jy saai ’n korreltjie – en na ’n sekere periode het dit ’n steggie geword – nog later ’n plantjie wat vruggies voortbring!

Dit bly vir groot mense en selfs vir wetenskaplikes ’n raaisel. Hoe werk dit? Ons weet nie. Dit het van die HERE gekom en dit is wonderbaar in ons oë…

Maar ewe wonderlik werk God in jou eie lewe deur sy Gees. Die wonder van die wedergeboorte, die nuwe skepping, die opwekking uit die dood en die lewendmaking wat God sonder ons in ons werk. Ons belydenis noem dit ’n volkome bonatuurlike, wonderlike, verborge en onbeskryflike daad van God (Dordtse Leerreëls III/IV, 12).

Die werk van die Here in sy skepping èn in sy herskepping moet ’n mens stil van verwondering maak.

Moenie dat ons dit vergeet nie.

In die sendingwerk word daar baie gepraat: oor beleidskwessies, oor beplanning vir die toekoms, oor persone dikwels.

Maar is daar genoeg aandag vir wat Jesus deur sy Gees gedoen het, en besig is om te doen, en belowe om te doen?

Dieselfde geld vir die breë spektrum van die kerklike lewe.

Ons kan onsself verdrink in diskussies oor kwessies: “Die Kandelaar”, die Nuwe Afrikaanse Vertaling, die Dopperkerke, die politiek. Maar hoe dikwels is ons stil van verwondering oor dit wat die Evangelie uitgewerk het en steeds uitwerk, in ons en in ander in hierdie land?

P1000463

Daar is ’n derde kernwoord in hierdie wagtyd. Dit is GEDULD.

’n Boer wat saai, moet nie haastig wees nie. As jy vandag saai, kan jy nie verwag om reeds volgende week te oes nie. Die Here het in sy natuur ’n sekere wetmatigheid gelê wat mens sal moet respekteer. Vers 28 dui dit so aan: “… eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar… ”

’n Goeie boer ken dié proses en hou daarmee rekening. Hy gaan nie die saad uitgrawe om te kyk of daar al iets begin groei nie. Hy gaan nie aan die steggies trek om die groei te verhaas nie. Hy gaan nie halme oes in die hoop dat daar al koring sal wees nie. Alles op sy tyd.

Daardie geduld is kenmerkend vir die werk van die Here Jesus in hierdie bedeling. Hoekom bly Hy nog uit, al amper twee eeue? Petrus skryf:

Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. (2 Petrus 3: 9).

Petrus praat oor God se geduld met hierdie wêreld. Maar dieselfde “lankmoedigheid” ken die Here ook as dit gaan oor die indiwidu.

      Hy weet wat van sy maaksel is te wagte,
      hoe swak van moed, hoe klein ons is van kragte,
    en dat ons stof van jongs af is gewees.

Ons sien dié geduldige liefde in die optrede van die Here Jesus teenoor sy apostels (sien bv 16: 9-14). Dit moes ’n voorbeeld wees vir hulle optrede later. Dit is steeds ’n riglyn vir ons vandag.

Dus was die broeder nie reg nie wat vir my gesê het: “As ’n swarte tot bekering kom, moet jy hom dadelik sy kop afkap, anders val hy terug in die heidendom… ” Dit is ’n uiters onbarmhartige opmerking.

Jesus het dit vir ons anders geleer: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Matt 28: 19).

Dit vra om ’n voortdurende liefdevolle begeleiding, sodat daar ’n daaglikse bekering, ’n voortgaande reformasie kom. Dit vra om geduld.

Ook as ’n jong gemeente opgeneem word in die kerkverband – soos wat hopelik binne afsienbare tyd met Mamelodi gaan gebeur – moet hulle tyd gegun word om te groei en te leer. Moenie dat ons hulle in alles aan ons maatstawwe meet nie. Gee kans vir ’n eie ontwikkeling, wat ook insluit dat daardie mense hulle eie foute moet kan maak. Bly geduldig.

Mag dié Christelike geduld ook hierdie kerk van Pretoria kenmerk.

  • In ons omgaan met mekaar. Hy wat self van genade leef, kan ook begrip hê vir ander se swakhede.
  • In ons verhouding met ons swart broers en susters. Die sendelinge, die kerkraad en die gemeente moet nie “die dag van klein dingetjies gering ag nie. ” (Sag 4: 10). Wees bly met elke ritseling van nuwe lewe en dank God daarvoor.
  • Ook in ons optrede na buite, ons kerklike kontakte. Mag die Here ons gemeente bewaar vir ’n alte skerp en kritiese houding, ’n perfeksionisme wat geen rekening hou met hoe die Gees van Christus steeds aan die werk is nie.

Dit is nog wagtyd. Eers as die vrug dit toelaat, sê die laaste vers, eers dan breek die oes aan.

3. OESTYD – vers 29

Kom ons lees saam vers 29:

En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Hier word weereens duidelik dat ons gelykenis oor die Here Jesus praat. Dié boer wat saai en oes, is die Heiland self. Mens kan hier verwys na Joel 4 vers 13 asook na Openbaring 14 verse 14 en volgende, waar die beeld van die oes toegepas word op die dag van die wederkoms.

Dan sal dié wat onvrugbaar was vir Hom, weggegooi word. Onkruid word mos verbrand. Maar dan sal ook die volle vrug van geloof en bekering vir Hom gegee word!

IMG_1342

In die verband van hierdie gelykenis vorm die verwysing na die oes ’n sterk bemoediging.

Vers 28 het die proses van groei onder woorde gebring: eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar!

So werk dit. So gaan dit seker gebeur. Want die boer in hierdie gelykenis is God self!

Hy plant in ons die onverganklike saad, naamlik die lewende woord van God (1 Petr 1: 23). Hy het ons voortgebring – aan ons die lewe gegee – deur die woord van die waarheid (Jak 1: 18). En sy Woord sal nooit leeg na Hom toe terugkeer nie! (Jes 55: 11).

Die begin van die nuwe lewe is van Hom. Dit is Hy wat ook die voortgang waarborg. In Paulus se woorde: Ek vertrou hierop, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus! (Fil 1: 6).

Daar is geen twyfel nie. Die oes gaan kom. Die vrug sal dit toelaat – met ander woorde: die graan is ryp. Dan steek hy dadelik die sekel in, want die oestyd is daar.

Dié sekerheid mag ons bemoedig, as ons vandag die saad saai. Sendelinge en ouderlinge, voorgangers en gewone lidmate.

Dit is nie altyd maklik om kerk van Christus te wees nie. Dit gaan dikwels met stryd en teleurstellinge gepaard.

Maar hierdie teks sê vir elkeen: Gaan maar aan om in Christus se naam te werk. Dié werk sal wel vir die Here vrugte dra. En op die dag van die oes sal jy jou genadeloon ontvang, in die koninkryk van die Here Jesus Christus.

Al word daar vandag dalk met trane gesaai, die oes sal eendag met gejuig ingebring word.

Amen.

Advertenties

4 Reacties op “Die woord van God groei vanself

  1. Ik heb de die preek, zoals ik hem na jouw vertrek gekopieerd en onder de gemeenteleden verspreid heb (met een smal fotootje van jou voorop) nog altijd in mijn bezit. Zelfs meegenomen naar Kaapstad, merkte ik. Terwijl de meeste van mijn boeken in Nederland in de opslag achtergebleven zijn. En om heel eerlijk te zijn: ik heb ook wel eens plagiaat gepleegd met een zinnetje uit jouw preek, toen ik zelf over deze tekst preekte.Zoals dat ’n boer wel korrels en geen klippies nie moet saai. Maar heb jij niet hetzelfde gedaan met ook een ‘boerepreek’ van mij?

    • @ Ferdinand

      Dat is zeker waar. Laten we het erop houden dat we aan elkaar schatplichtig zijn. En aan anderen. Ook het beeld van ‘klippies of korrels’ zal ik wel van iemand geleend hebben. Preken is jatwerk.
      Verrassend dat m’n afscheidspreek is uitgegeven. Niet geweten, laat staan ‘royalties’ gezien ;-). Maar wat doet het ertoe? Christus is en wordt verkondigd!

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s